Friday, May 29, 2020

Koos Kpmbuis, A Short Drive to Freedom en baie konteks




Koos Kombuis het sy twee strydmakkers (Johannes Kerkorrel en James Phillips) van die Voëlvryjare oorleef en het dus die luukse om die “ware” verhaal van Voëlvry te skryf, natuurlik uit sy perspektief en met hom as sentrale protagonis. Daar is blykbaar 21 bladsye daaroor in die Kombuis  outobiografie (waarvan ek nie bewus was nie) en nou is daar 'n hele boek van 256 bladsye, insluitend die bedankings reg aan die einde, genaamd Short Drive To Freedom of Die Tyd Van Die Kombi's in Afrikaans.

Nou kan Kombuis die grootste Afrikaner jeugrebelliestorie van die afgelope 30 jaar in sy volle glorie met ons deel. 

Of nie. Soos dit aan die einde van do boek duidelik is, vertel Kombuis steeds nie die volle verhaal nie. Dit, saam met verskeie feitelike onakkuraathede, maak die lees van die boek uiteindelik 'n teleurstellende ervaring.

Dit is bloot toevallig dat ek die Engelse weergawe van die boek gekoop het. Ek was onbewus van die boek tot ek die Engelse uitgawe in Exclusive Books in die Lifestyles on Kloof winkelsentrum in Kaapstad raakgeloop het en onmiddellik gekoop het. Soos dinge in my lewe gaan, het 'n hele paar maande verbygegaan voor ek daarby uitgekom het om die boek te lees. Toe het ek vinnig daarmee klaargespeel. Dit is nie 'n dik boek nie en plek-plek lees mens vinniger om net klaar te kom.


Ek raai dat hierdie memoir in Afrikaans en Engels gepubliseer is sodat dit die maksimum potensiële lesersmark kan bereik, maar dit is nogtans ironies dat 'n oorwegende jong Afrikanergedrewe beweging in Engels in herinnering geroep word deur een van die leidende Afrikaanssprekende persoonlikhede op die kultuurfront, hetsy alternatief hetsy hoofstroom, van die afgelope 30 jaar.

Ek moet beken dat Kombuis se arme man se Hunter S Thompson gonzo skryfstyl, die gedurige toekomsverwysings vir dramatiese effek, die verwysings na sy huidige lekker lewe en kort sinne en uitroepe my wersenlik irriteer as skryfstyl. Dit punt is seker dat hy nie in hoogdrawende of ernstige taalgebruik of styl wil verval nie en dat die memoir bedoel is om lekker te lees, maar ek dink die onderwerp is ernstig genoeg dat meer ernstige taal die doel beter sou gedien het, veral met die vele sosio-politiese mymeringe.

Die beste ding van hierdie skryfstyl is dat dit my noop om vinnig te lees, half aangejaag deur die soeke na feite van die saga, omdat ek oor sinne en paragrawe bokspring om die filosofie te vermy en om die verhaal te volg.

Taamlik na aan die begin van die boek is daar 'n versugting oor die stand van kultuur in Kaapstad in die vroeë jare Tagtig, toe rebellie na bewering in die lug was en die eerste saadjies van die later openlike weerstand gesaai is onder die ondergrondse en alternatiewe skrywers, dramaturge en akteurs in Kaapstad. Onder andere meld Koos die Indaba klub aan die bo-punt van Waalstraat, maar ongelukkig maak hy allerlei feitelik-verkeerde stellings daaroor.  Ek raak moeilik hieroor aangesien ek deel was van die groep gereelde Indaba besoekers wat omtrent elke Vrydag- en Saterdagnag daar uitgehang het en dus ietsie van die geskiedenis en omstandighede daarvan weet.

Kom ons kyk na die feitefoute.

  1. Indaba het nie in die vroeë Tagtigs bestaan nie; dit is  in 1986 van stapel gestuur.

  1. Daar was nie 3 of 4 “mezzanine floors” soos Kombuis beweer nie. Daar was 'n ingang op straatvlak met 'n nou gang na die eweneens nou trappe wat mens na bo geneem het, 'n tussenvloer waar die sogenaamde VIP lounge was, en dan die groot oop vertrek wat die middelpunt van die feestelikhede was, met 'n groot kroegtoonbank, DJ hokkie, klein verhoog en dansvloer.  Heelbo, op die dak,  was daar 'n geboutjie met 'n kleiner kroeg (en 'n massiewe matras in die een hoek) en 'n snoekerkamer.  Die res was 'n oop dak waar ‘n mens kon uithang en oor Waalstraat of Buitegrachtstraat uitkyk.

  1. Koos onthou dat hy Corporal Punishment (James Phillips se eerste rock groep) vir die eerste keer by Indaba ervaaar het. Ek twyfel. Sover ek weet het Corporal Punishment het nie eers meer bestaan toe Indaba sy deure oopgemaak het nie.

  1. Die vierde feiteflater is die verwysing an Benny B Funk and the Sons of Ghadaffi Barmitzvah Band as 'n Kaapstad groep. Sover ek weet, was Benny B Funk (of eintlik Benny B Flat Funk) absoluut 'n Johanesburgse spul, een van vele plaaslike groepe soos The Dynamics en die latere Honeymoon Suites (beide werklik van Kaapstad) wat hard gepoog het om jazzerige funk musiek te maak en met wesenlike energie gespeel het, maar nie juis die funkstryd kon wen nie. En gewoonlik op groove gekonsentreer het ten koste van melodie.

Ek neem aan dat Kombuis se geheue hom in die steek gelaat het as 'n geval van: as jy die Kaapstad jol van die Tagtigerjare kan onthou, was jy óf nie daar nie óf jy was en, soos ek, nie juis 'n drinker of jointroker nie.

Dit klink vir my of Koos Kombuis in 'n drank- of dwelmverdoofde waas gelewe het in sy strydjare en dat sy herinneringe nie is wat hy voorgee hulle is nie.

Die DJ musiek by Indaba was basies die populêre rock van die era. Die bekendste groepe van die tyd uit Kaapstad en Johannesburg het gereeld daar opgetree. Die mense wat daar uitgehang het, was moontlik die glitterati en hoof rolspelers van die kultuursfere van Kaapstad, maar daar was netsoveel ordinêre jollers. Daar was 'n groot aantal gereelde Indabagangers, moontlik omdat daar nie veel keuse was nie. Ek het   André Letoit nooit daar raakgesien nie, maar aan die ander kant het ek hom glad nie geken nie en sou hom dus nie herken het nie.

Een van Kombuis se herinneringe oor die Indaba wat wel akkuraat is, is dat baie mense daar dagga gerook, gesoek of aangebied het.  Wildvreemde  mense (meestal jong dames) het my by verskeie geleenthede gevra of ek enige dagga het. Ek het skaars gedrink, wat nog te sê dwelms gebruik, en dit het my verstom dat 'n persoon 'n lukrake wildvreemdeling kon vra vir iets wat hoogs onwettig was.  Soms het ek gewonder of die  navrae eintlik polisielokvalle was.

‘n Verstommende ding wat ek uit die eerste deel van die boek geleer het, was dat ek en André Letoit  moontlik met dieselfde vrou, Elaine Durbach, seks gehad het.  Hy maak 'n lysie van vrouens met wie hy al op een onder vlak deurmekaar was, en waarskynlik gebof het, en Elaine is op die lysie. Sy was in die laat Tagtigerjare 'n rubriekskrywer vir die Cape Times en ook vryskutskrywer vir vrouetydskrifte.

Ek het Elaine in Januarie 1989 ontmoet, kort nadat ek klaar was met my jaarlange stryd teen kanker en heelwat chemo-terapie, en my skedel was steeds bar van hare. Beide van ons was gaste by ‘n sogenaamde Living Newspaper aand by die destydse Albow Centre in Harfieldstraat, Kaapstad, wat aangebied is deur my destydse werkgewer, wat my aan Elaine voorgestel het. Dit het gelei tot 'n kort romanse. Ek was smoorverlief omdat sy die eerste vrou was met wie ek seks gehad het, en sy het my kort daarna afgesê omdat sy 'n ouer man wou hê om haar as vaderfiguur te help deur die trauma van 'n onlangse romantiese teleurstelling. ‘n Ander faktor was dat sy 6 jaar ouer was as ek.

In elk geval, nou kom dit my voor dat ek en Koos Kombuis iets besonder interessant in gemeen het. Hy meld nie wanneer hy met haar deurmekaar was nie en dit sal interessant wees om te weet.  Elaine het nooit André le Toit gemeld nie, maar sy het my ook nie vertel van al haar minnaars ne, behalwe die ou by wie sy vir ‘n jaar gewoon het, en haar hart gebreek het, en Le Toit was in die laat Tagtigerjare waarskynlik slegs in sy eie kring legendaries.

André Letoit en die jonger Koos Kombuis was bekende karakters in die ondergrondse, alternatiewe kultuur in Suid-Afrika in die Tagtiger- en vroeë Negentigerjare, maar myns insiens hoofsaaklik as gevolg van sy  boheemse, armlastige bestaan soos 'n wafferse intellektuele litirator wat weier om sy bestaan of visie te kompromiteer deur iets so banaal soos 'n betrekking.  Hy het nie vir die Staat gewerk in 'n lae vlak posisie nie, hy was nie in die akademie nie, hy het nie enige beroep gevolg of vir 'n baas gewerk nie. Hy het geskryf, liedjies gemaak, dwelms geneem, gedrink, genaai en soms van die hand tot die mond aan die lewe gebly.

Ek het van André Letoit kennis geneem as kortverhaalskrywer vir Huisgenoot (dit mag as Le Roux Du Toit gewees het) en as digter, en was baie gou van mening dat sy Huisgenootverhale briljant was omdat hulle so anders was as die gewone romantiese verhale wat in die tydskrif gepubliseer is, en dat sy digkuns maar tweederangs was, al kon ek sien dat hy 'n talent het vir die gebruik van hedendaagse spreektaal om homself in Afrikaans uit te druk. Die swakheid in sy digkuns het egter die sterkpunt geword in sy lirieke.

In die jare 1986 tot moontlik 1988 het iemand Shifty Records plate enb kassette verkoop by die Groentemarkplein vlooimark waar ek kort na vrystelling die oudiokasset van Ver Van Die Ou Kalahari, André Letoit se musiekdebuut, gekoop en was matig beïndruk daardeur.  Kort daarna het ek die launch party vir die album awt by die Jazz Den in Soutrivier gehou is, bygewoon. Daar was nie baie van ons nie en my raaiskoot was dat die ander teenwoordige sy maters was eerder as lede van die nuuskierige breër publiek. André Letoit het voorgekom as ietwat skugter en nie besonde suave of sophis nie en het homself op kitaar begelei terwyl hy die liedjies op die album vertolk het. Omdat die vertolking so presies soos die opgeneemde weergawes geklink het, het dit my gou verveel en ek is huistoe halfpad deur die aand.

In vroeg 1989 het ek 'n skoolvriendskap met Flip Swiegers hervat. Hy was deel van die Letoit kring en het allerlei staaltjies oor hom vertel. Hulle was soort van vriende, of ten minste op vriendskaplike voet, en het in dieselfde kringe in Stellenbosch beweeg. Die indruk wat ek van Letoit gekry het uit Flip se vertellinge was van 'n randfiguur wat ietsie meer as 'n boemelaar was, die gawe gehad het om allerlei mense en veral vrouens te beïndruk met sy sjarme en geniale talent, of so-iets,  en so aan die lewe kon bly en deel kon wees van die kultuurlandskap.

Piekniek By Dingaan, die musiekblyspelsamewerking tussen Letoit en Johannes Kerkorrel, was vir my die eerste kennisgewing van 'n deurbraak van die sogenaamde nuwe Afrikaner omdat dit 'n zeitgeist weerspieël het van ontevrede en gatvol jong Afrikaners. Dit was vreemd dat dit by die Nico Malan Teater op die planke gebring is, synde die KRUIK hoofkwartier en middelpunt van establishment Afrikaanse teaterkultuur in Kaapstad. 

Natuurlik was Piekniek jou tipiese kabaret, op ‘n groot verhoog en in ‘n groot saal, met humor, satire, patos en musiek. Verskeie van die liedjies was later deel van die Gereformeerde Blues Band se reportoire.  Ek het gedink dit het beteken dat Kerkorrel die wesenlike talent van die twee was en dat André Letoit die meeloper was wat steun op reputasie as vervreemde en semi-boemelaar eerder as op talent of vaardigheid.

Al was die liedjies op Ver Van Die Ou Kalahari interessant en vol melodie, was my indruk dat hulle geskryf is deur iemand wat 'n obsessie gehad het met sy eie legende-in-wording en nie skaam was daaroor nie. Die stukkies vertelling tussen liedjies het die effek van 'n tuisgemaakte opname versterk en ek neem aan dit was 'n berekende effek. 

Dat Ver Van Die Ou Kalahari op Shifty Records vrygestel is, was waarskynlik die grootste deurbraak aangesien daar nie juis iets was wat daarmee vergelyk kon word in die algemene kader van Afrikaanse musiek van daardie tyd nie, om nie te praat van die sogenaamde alternatiewe musiek oor die algemeen nie. Ek dink dat hierdie versameling liedjies moontlik vergelyk kan word  met Fokofpolisiekar se debuut album ongever 25 jaar later. Dit is verstommend dat die aanvanklike deurbraak so lank geneem om die suurdeeg effek volledig te laat werk. Die outjies uit Bellville het bloot besluit dat elektriese kitare en rammelende tromme die ding is, eerder as solo akoestiese kitaar.

Letoit het natuurlik besef dat hy sukses kan behaal as hy hard werk aan die slyp en bemarking van sy handelsmerk, homself, eers as Letoit en later as Koos Kombuis. Miskien was alles toevalllig en het dit uitgewerk half teen die stoutste verwagtings in, maar ek het my bedenkinge daaroor. Die man is nie enigsins onder 'n kalkoen uitgebroei nie en as enigiemand eers tot die innige besef kom dat daar 'n gehoor is vir hom, sal hy werk daaraan om daardie gehoor te behou en uit te brei, en in die Suid-Afrika van die Tagtigerjare was dit nie moeilik om jou merk te maak as andersdenkende nie, omdat daar so min van hulle was wat kop bo die loopgraaf uitgesteek het. En nog minder wat dit poog doen het as populêre vermaaklikheidskunstenaar, al was die potensiële gehoor nog nie die establishment of die welaf middelklasburgers wat hy en hulle vandag is nie.

Volgens Koos is Bloedrivier (2008) sy tweede protesalbum  Ver Van Die Ou Kalahari is blykbaar die eerste een. Interessant genoeg is hulle omtrent 20 jaar uitmekaar opgeneem en in radikaal verskillende omstandighede. Met sy debuut was dit Koos en kitaar, met die latere album was dit Koos and heavy friends (hy spog self daarmee) en met verbeterde tegnologie. En, ons moet nie vergeet nie, sy omstandighede was ook wesenlik anders; inderwaarheid, heelwat beter.

Die groot konseptuele verskil is dat Koos met Bloedrivier hewig te velde trek, uit sy hedendaags-gemaklike middelklaslewensuitkyk, teen die ANC regering en dié se soustrein en gebrek aan handhawing van wet en orde en onwilligheid om enigiets aan korrupsie te doen of om inderdaad die voorheen agtergeblewenes op te hef. Meestal is dit 'n middelklas Witman se protes teen die dinge wat sy lewe negatief raak. Die wiel het sonder twfel gedraai, maar aan die ander kant, Koos was altyd anti die regering van die dag. Die ding is dat hy toentertyd ver buite die establishment gestaan het en dat hy nou reg in die hart daarvan leef, al is daardie establiskment nie meer die regerende establishment nie.

Ek moet ook sê dat ek nooit aan Ver Van Die Ou Kalahari as 'n protesalbum gedink het nie. Dit was 'n interessante versameling liedjes, meestal oor die verskeie vrouens in Andre Letoit se lewe, en daar was “Boer In Beton” wat vir my soos 'n Boereloflied geklink het waarmee ek myself glad nie kon vereenselwig nie.  Die grootste protes van die album was iets soos “Ontug In Die Lug” waar André sy verbreking van die destydse Onntugwet beken het, deurdat hy 'n seksuele verhouding oor die sogenaamde kleurskeidslyn gehad het. Of moontlik meer as een van hulle.

Waarteen het André Letoit geprotesteer? Die gebrek aan blootstelling op die populêre kultuurfront? Gebrek aan standhoudende inkomste om hom in sy boemelbestaan te ondersteun? Ek neem aan daar was definitief 'n algemene gevoel van onvergenoegdhied onder die Afrikanerjeug en jong mans wat Diensplig moes verrig en moontlik as infanteriste aan 'n onsinnige grensoorlog deelneem. Ek vermoed ook dat 'n groot deel van die  bitterheid en ongelukkigheid nie juis oor apartheid of kragdadigheid per se gegaan het nie, maar oor die gevolge daarvan, naamlik die knellende internasionale sanksies, die voortslepende opstande, die ekonomiese sorge en die vermoede dat dinge nie beter gaan word nie en dat die Nasionalistiese bittereinders se weerstand so futiel sou wees as wat dit in 1901 was. Die Afrikanerjeug het die wil om te oorwin en te regeer verloor en wou net die goeie, kommervrye lewe hê wat die apartheidsisteem veronderstel was om vir hulle te waarborg en wat stadig maar seker besig was om in die niet te verdwyn.


Op die keper beskou was André Letoit nie ver van die mense wat in die laat Sewentigs “Musiek & Liriek” bedryf het nie, behalwe dat hulle ordentlike middelklas mense was met hoge kultuur ideale, waar Letoit die populistiese ideaal nagestreef het, amper soos David Kramer, dog nie heeltemal gemik na die laagste gemene plattelandse deler nie. Kramer het besef, lank voor die Afrikaanse musiektoneel die reus geword het wat dit nou is, dat die Afrikaanse gehoor groot, entoesiasties en lojaal is. Dit was 'n vreemde paradoks dat 'n Joodse outjie, weliswaar 'n soort-van-Boerejood uit Worcester, die Boere hartland kon verower met sy volksgemikte liedjies.

As mens nou na Letoit of Koos Kombuis luister, is daar heelwat David Kramer in die liedjies, maar steeds uit 'n verstedelike oogpunt en nie heeltemal die platteland van Kramer nie. Kramer was van die begin af algemeen-beskaafd en geen eksotiese randfiguur boheem nie. Koos Kombuis moes die pad loop van die diep agtergrond tot die voorgrond, deur die alternatiewe kultuur van sy tye en nou is hy volksbesit. Moontlik was sy eerste protes dat hy nie onmiddellik 'n reuse populêre gehoor kon lok nie.

Koos Kombuis spreek veel lof uit vir James Phillips.  Wie Is Bernoldus Niemand? was blykbaar die katalis wat André Letoit laat voel het hy moet 'n kassetband van sy liedjies na Shifty Records stuur. Kombuis bewonder Phillips se musiekopleiding en vaardighede en dink blykbaar dat die Cherry Faced Lurchers 'n wonderlike groep was. Ek verskil. Die belangrike ding is nie dat James Phillips 'n musiekgraad gehad het of musiek kon lees nie. Die belangrike vraag is of Phillips musiek met enige werklike hart en siel gemaak het en nie bloot vaardigheid gebruik het as dekmantel nie.


My opinie is dat die Cherry Faced Lurchers verhoogervaring besonder pynlik was en hul enigste album, Live at Jameson's, een van die irriterendste luistervarings is in Suid-Afrikaanse musiek. Die mense kan eenvoudig net nie ruk en rol nie en ek gee nie om hoeveel akkoorde jy kan speel of hoeveel note jy kan lees nie as jy nie weet hoe die ding te ruk nie. Bernoldus Niemand was die man; daardie album verdien al die lof wat daaraan toegeswaai kan word. Enige vorm van Cherry Faced Lurchers of The Lurchers se musiek moet in 'n argief gebêre word en stof vergader.

Die beste ding wat James Phillips ooit vir Suid-Afrikaanse musiek gedoen het, was om kitaar te speel vir die groep musikante wat Koos Kombuis ondersteun het in die opneem van Niemandsland ... en Beyond, en saam met hom getoer het om die album bekend te stel. Dit is miskien waar Kombuis werklik 'n skuld het om aan Phillips te betaal, nie vir wat Phillips self vermag het nie, maar vir die inspirasie en ondersteuning. Niemandsland was die ware eersgeborene van die Afrikaanse rock revolusie, al was daardie eersgeborene jare voor sy tyd.

Dit blyk duidelik uit Kombuis se eie perspektief dat die revolusie begin is deur disfunksionele persone uit disfunksionele agtergronde met besonder baie woede in hul psiges en 'n dryfveer om iets op die openbare verhoog te doen, hetsy om 'n geldjie te maak hetsy om die beheerstrukture bietjie te tart, of bloor vir die pret, met die verstommende gevolg dat daar 'n honger gehoor was vir hierdie soort ding. Dit wil sê, 'n ander soort Afrikaanse musiek en houding.

In laat Tagtigerjare Kaapstad was daar 'n lewendige musiektoneel (miskien ook vroeër, maar ek het eers vanaf 1984 werklik daarby ingeskakel) en daar was elke Vrydag- en Saterdagaand iewers 'n optrede deur 'n plaaslike, alternatiewe rock groep, Saterdagmiddae by die Brass Bell en dikwels was daar ook iewers op 'n Woensdagaand 'n gig. As mens enigsins in die tipe van ding belanggestel het, was daar 'n wye keuse.

Al hierdie rockgroepe was alternatief tot die hoofstroom en deel van 'n counter culture omdat hulle marginaal  was. Dit was 'n uitsondering om 'n album van jou musiek vry te stel, selfs op kasset soos André Letoit,  en ek dink nie dat veel van hulle enige geld gemaak het uit hul optredes nie. Dit was nie daardie soort van nering nie. Die musikante het musiek gemaak omdat hulle wou en gelukkig was daar heelwat blootstelling in die verskillende klubs van die Kaap. Die lingua franca van die rockgroepe was Engels. Daar was 'n groot Afrikaanssprekende gemeenskap in die Kaap, baie van hulle uit Stellenbosch afkomstig, maar aanvanklik was daar nie juis iets vir hulle spesifiek nie. Die jollers en musikante mag net so veel Afrikaans as Engels gewees het en tog het niemand daaraan gedink, of die vrymoedigheid gehad, om Afrikaans te sing nie.

Die aanvanklike impak van André Letoit moes te danke gewees het aan ietsie meer as net sy liedjies. Daar moes ook die element van familiariteit gewees het. Meer as die gewone musikante het hy voorgekom soos iemand wat sopas, op die omgewing van die oomblik, 'n kitaar opgetel en begin speel het.  Hy het gelyk soos die tipiese lede van sy gehoor en het hard gewerk aan grappige, gevatte opmerkings tussen liedjies en het by geleentheid amper meer gepraat as wat hy gesing het.  Sy lirieke was in praat Afrikaans en hy was bereikbaar. Jy kon vir hom 'n bier koop en met hom gesels met 'n joint in die hand.

Ek was nooit by die Black Sun nie en het maar net daarvan gelees in Vula! tydskrif, die maandblad wat Suid-Afrika se destydse weergawe van The Face was. Nie dat hulle veel geskryf het oor wat by die Black Sun gebeur het nie, maar die vermelding was daar en dit was duidelik dat die Black Sun ervaring ietwat van 'n kultus was vir ingeligte lede van die Johannesburgse hip set.

Ek was wel by een van die Piekniek by Dingaan optredes in die Baxter Teater in Rosebank, Kaapstad, en nie by die Nico Malan Teater se optredes nie.  Volgens Koos was daar net een week se optredes by die Nico en toe het Piekniek 'n vroeë dood gesterf.  My herinnering, tot dusver, was  dat ek Piekniek by die Baxter gaan kyk het, maar Koos meld dit nie in sy boek nie en ek het dus besluit dat my geheue nie meer so goed was nie, totdat Flip Swiegers bevestig het dat daar wel hierdie een opvoering by die Baxter was. Ek was daar, hy was daar en 'n groot groep van die  jong alternatiewe groep in die Kaap was daar.

Piekniek by Dingaan was die hoofstroomopvoering wat ten minste in die Kaap daarvoor verantwoordelik was dat die name van Johannes Kerkorrel en André Letoit bekend geword het. Dit was waarskynlik deels as gevolg van die kwaliteit en inhoud van die produksie en deels as gevolg van die feit dat KRUIK,wat die stuk aangebied het, dit 'n skielike dood laat sterf het na die Grahamstadfees sukses. Na die kort speelvak van 'n week in die Nico Malanteater het KRUIK die prop uitgetrek en dit was die laaste sien van die blikkantien wat die hoofstroom betref het.  Dit is nie op toer in die platteland  gestuur soos Letoit gehoop het nie en ek sou raai dit is omdat die meer gesofistikeerde Kaapse gehore die satire en nie noodwendig onsubtiele aanval op die regime beter sou verstaan en waardeer as die plattelandse hartland van die Nasionalistiese Party. Of moontlik was daar eenvoudig 'n direktief van die Staatspresident se kantoor dat Piekniek by Dingaan nie die soort van ding is wat meer as net minimum blootstelling moes kry nie.

Kombuis bespiegel nie hieroor in sy vertelling oor hierdie artistieke triomf in sy loopbaan nie. Dis ‘n leemte. Ek sou raai hy moes destyds al geweet het wat die motivering was of ten minste 'n goeie raaiskoot sou kon maak.

Die gevolg van die afsterwe van Piekniek by Dingaan as hoofstroom belewenis was dat die Voëlvry ding begin het. Volgens Kombuis het dit beteken dat hy en Kerkorrel besluit het om eerder 'n rock benadering te  volg en weg te bly van formele kultuurinstansies. Dit is dus een van daardie onbedoelde gevolge van 'n daad (die staking van verdere produksies van   Piekniek by Dingaan) wat 'n heel ander doel gehad het, naamlik die verdoeseling van Letoit en Kerkorrel se talente en ontdoening van verdere openbare blootstelling daarvan.

Die grap, natuurlik, is dat Letoit nie juis geruk of gerol het nie. Hy het by eenmansoptredes met akoestiese kitaar gehou, ten minste tot Niemandsland opgeneem en vrygestel is, en Kerkorrel het sy kabaretneigings poog vermom met behulp van elektriese kitare en dawerende dromme wat sy aanbieding amper soos rock laat klink het en tog  nie was nie. Dit was bloot rock kabaret.

Ek het 'n vae herinnering aan die Piekniek by Dingaan opvoering. Daar was 'n stellasie op die verhoog, vele akteurs wat rusteloos rondbeweeg het en aan die stellasie gehang het, elektriese kitare en besondere entoesiasme en 'n gees van rebelsheid teen “dis sisteem” wat vreemd was aangesien KRUIK absoluut deel van die sisteem was en ek nie sou kon dink dat KRUIK so 'n produksie in die eerste plek sou goedkeur nie.  Ek onthou “Ons Ry 'n BMW,” en “Hillbrow” wat vir my die hoogtepunt van die vertoning was. Kerkorrel alleen op die verhoog wat homself met die trekklavier begelei en die treffend woorde en melodie sing. Dit is waarskynlik sy beste lied en definitief een van die beste beskrywings, naas moontlik “Bomskok Babelaas” van Koos Kombuis, van die eertydse Hillbrow wat 'n boheemse, randakker mengelmoes van 'n stadsparadys was, voor Yeoville en Mellville populêr geraak het as middelklas kultuur enklaves.

Die Baxter saal was stampvol. Dit was amper vreemd dat hierdie opvoering sulke groot aanhang kon verwerf, en wat nog vreemder was, was dat 'n beduidenisvolle deel van die gehoor Engelssprekend was. Hierdie aspek was die aanduiding wat vir my die gevoel gegee het dat Piekniek 'n groter deurbraak is as wat ek sou gedink het. As dit net 'n alternatiewe Afrikaner kultusproduksie was wat die gesofistikeerde Afrikaanse gehoor gelok het, alhoewel in groot getalle, sou dit 'n effektiewe voorbeeld van een of ander deurbraak van die openlike uitdrukking van Afrikaner onvergenoegdheid gewees het. Dat ook Engelssprekendes, wat waarskynlik onder gewone omstandighede nooit enigiets by die Nico Malan sou bywoon nie, wat nog te sê 'n Afrikaanse produksie, Piekniek in betekensivolle getalle ondersteun het, het vir my beteken dat ons hier mer 'n fenomeen te doen het en dat jong Afrikaners en jong Engelssprekendes, ten minste in Kaapstad, meer in gemeen gehad het as wat ek of hulle sou vermoed het. Almal was gatvol vir wat die Nasionale Party besig was om met die land te doen en niemand het enige hoop vir die toekoms onder daardie regime gehad nie en almal was bereid om op een of ander wyse protes aan te teken of bloot solidariteit te toon met ander wat protes aanteken. Ten minste was dit 'n sus van die gewete vir diegene wat nie in bannelingskap gegaan het om Diensplig te ontduik of ondergronds gegaan het om die gewapende stryd te voer nie, sodat hulle kon reken daar is 'n vereenselwiging met die konsep van winde van verandering wat weereens stadig maar seker die atmosfeer begin versteur het.

Aangesien KRUIK die sprekende voorbeeld was van die verwikkeling van politiek en kultuur en saam met die ander streekskunsterade die hegemonie gehad het oor hoge kultuur in die provinsies, die geld gehad het en absoluut die establishment verteenwoordig het waarteen Letoit en sy makkers beswaar gemaak en gerebelleer het, is dit waarskynlik 'n voorbeeld van Letoit se versugting van geld en sy gebrek aan ware solidariteit met sy vriende in die Noorde, dat hy by bKRUIK aangeklop het vir ondersteuning, maak nie saak hoe ondermynded die konsep van sy musiekstuk sou wees nie. Letoit het die werklikheidsbesef gehad dat slegs 'n instansie soos KRUIK die kans sou bied vir 'n deurbraak na die hoofstroom, en die gevolglike algemene aanvaarding en finansiële sukses.

Toe, moontlik voorspelbaar, die hoofstroom, soos deur KRUIK se bestuur verteenwoordig, en mens kan dink dat daar allerhande intense binnekring gesprekke was om die besluit te maak en af te dwing, Letoit en Kerkorrel  se konsep onaanvaarbaar vind as vermaaklike aanbieding vir die Boerenasie buite Kaapstad, het Letoit besluit, en dit lyk vir my net so opportunisities soos sy besluit om 'n voorlegging aan KRUIK te maak, om terug te keer na die boesem van sy makkers in Yeoville en om die sogenaamde ruk en rol roete  te loop. 

Daar is heelwat leemtes in Koos Kombuis se weergawe van die Voëlvry storie en heelwat stukkies vertelling of mymering wat lyk of dit daar is bloot om bladsye vol te maak omdat die res van die storie so dun is. Ek neem aan dat Koos Kombuis se geheue van wat gebeur het nie so goed is as wat dit kon wees nie omdat hy deurentyd te veel gedrink en te veel dwelms geneem het. Dis 'n jammerte omdat meer detail oor die binnekringaktiwiteite van die Voëlvrygroep interessant en insiggewend sou gewees het, soos byvoorbeeld presies hoe die toer saamgestel is, meer staaltjies oor die optredes, ensomeer.

Op een plek maak Kombuis melding van hoe die toer verskeie mense laat muteer het tot vreemde gestaltes en die enigste voorbeeld wat hy gee, is Piet Pers wat in 'n hond verander het.  Verder vertel Kombuis ons van sy eie paranoia en vervreemding wat veroorsak is deur sy sterstatus. Hoe is die ander lede van die geselskap geraak? Hoe het hulle psiges vervorm en moontlik uitgehaak?  Óf Kombuis oordryf en dis net Pers wat verander het,  óf hy is weereens skuldig daaraan dat hy 'n bewering maak wat hy nie kan staaf nie, moontlik mdat hy nie onthou nie of moontlik omdat hy dit opgemaak het.

In plaas van tersaaklike besonderhede mors Kombuis ons tyd met onsinnige vertellinge van kontemporêre aktiwiteite soos sy besoek aan Schalk Joubert en sy wonderlike Kenna kofffie en die haal van brandhout in Jamestown.  Die koffiestorie is sommer net nuttelose tos. Was Kombuis op dwelms? Met die Jamestown verwysing, wil Kombuis moontlik 'n sosiopolitiese punt maak, maar dit val plat. Dit gaan oor sy huidige jmddelklas bestaan. Wie stel daarin belang? Ons will weet van die gebeure rondom Voëlvry.

Aangesien Koos Kombus (oënskynlik) 'n hele boek geskryf het oor die aanloop tot Voëlvry, die toer self en die nagevolge daarvan, sou ‘n mens dink dat hy meer moeite sou doen om Voëlvry te konsentreer, maar dit lyk vir my sy storie is maar dun en dat hy nie veel navorsing daaroor gedoen het nie, soos byvoorbeeld om ou koerantberigte te gaan naspeur, of om van sy eie foto's te gebruik om die teks toe te lig. Hy het sulke foto's en is, volgens hom, te heilig op sy privaatheid om hulle te gebruik, na bewering, en dis onverstaanbaar. Hoekom skryf hy hierdie boek as hy nie die hele waarheid, of meer daarvan, wil vertel nie?

Dalk is A Short Drive To Freedom ook net 'n opportunistiese poging om nog 'n geldjie te maak uit die een legendariese faset van die man se lewe. 

Dit is bisar dat Koos Kombuis vir ons wil waarsku teen dwelmgebruik. Hy beweer dat hy nou vir iets soos 14 jaar lank dwelmvry is, of  moontlik vir so lank teen sy verslawing gestry het. Sover ek verstaan was hy 'n geharde rooiwyndrinker en daggaroker, dog nie soveel verskillend van vele van sy tydgenote nie. Hy is nie oop en eerlik oor welke ander dwelms hy gebruik het nie en waarop hy spesifiek verslaaf was nie. My raaiskoot is dat daar ook heelwat coke en speed beskikbaar was en hy sou hom waarskynlik hierin verlustig het as dit aangebied was.  Hierdie tipe dwelms verklaar die paranoia en vervreemding wat hy tydens die toer begin voel het, maar ek verstaan dat ook dagga paranoia en vervreemding kan veroorsaak.

Dis wat ek bedoel met die gebrek aan eerlikheid en openlikheid.  As Koos te veel coke geneem het, dit nou nie meer doen nie en  die jeug van die dag daarteen wil waarsku, hoekom bieg hy nie behoorlik nie? Die ding is dat dit lekker is dwelms te neem en ‘n mens moet dit nooit vergeet nie. Die tweede ding is dat dwelms (veral ‘n oormaat daarvan) ongetwyfeld sleg is vir vir jou en daardie harde feit moet ‘n eweneens nooit vergeet nie, wn ook nie dat die comedown gewoonlik wesenlik onangenaam is. Beproef alles en behou die goeie; moenie dink dwelms gaan jou lewe op die langtermyn beredder en beter maak nie.

'n Tweede interessante verbintenis tussen my en Koos Kombuis is sy vriendskap met ene Tjaart, wat op 'n tyd sy woonstelmaat was. Dit klink soos die storie van die Tjaart wie se tragiese verhaal ek by monde van Flip Swiegers gehoor het.

Flip was ook deel van die Letoit / Kombuis kring en was so geintegreer daarin dat hy in 1989 vir Letoit na Knysna geneem het vir een van die laaste vertonings van die Voëlvrytoer. Hierdie reis en optrede, wat Kombuis natuurlik warskynlik nie onthou nie of nie as betekeniosvol genoeg beskou om te herroep nie, was blykbaar 'n avontuur van rampe en minder gawe ervarings.

Ek het nooit Letoit via Flip ontmoet nie, maar ons het hom 'n paar keer in die Spur restaurant in die Gardens Centre gesien sonder om hom te pla. My enigste gesprek ooit met Letoit was in die Bakoven koffiewinkel in die destydse Trustbanksentrum in Stellenbosch, toe ek daar gaan koffie drink het voor of na 'n hofverskyning (namens 'n kliënt) in die plaaslike Landdroshof.  Terwyl ek daar gesit het, het Letoit ingekom en by ‘n tafel in 'n ander hoek gaan sit. Omdat ek hom op daardie stadiuj al so baie op 'n afstand gesien het, en Flip so baie van hom gepraat het, het ek ek gevoel dat Flip hom een of ander tyd aan my gaan voorstel en dat hy dan sal onthou dat ek gedurig op sy periferie was in verskeie openbare plekke, en ek moet sê, dit het vir my absoluut vreemd begin word dat ek en André Letoit so baie by dieselfde plekke uitgehang het. In elk geval, alhoewel dit seker nie sin gemaak het nie, het ek gedink ek moet myself aan Letoit gaan voorstel, vir geval Flip eendag so ver sou kom en dan sou dit ongemaklik wees om te verduidelik hoekom ek so veel kere in sy nabyheid was sonder om iets te doen om myself bekend te stel.  Wel, dit was my redenasie. Ek het opgestaan, in my netjiese grys prokureurspak, en myself gaan voorstel, gemeld dat ons 'n vriend in gemeen het, en iets komplimentêr oor sy werk  gesê en vinnig geretireer na my tafel. Letoit was vriendelik en waarskynlik verward oor die motivering vir my ietwat nuttelose bekendstelling.

Tot op hierdie dag weet ek nie wat my besiel het nie. Ons het nie in 'n diep, innige intellektuele gesprek verval nie, ons het mekaar daarna nooit eers weer gesien waarvan ek kan onthou nie. Dit was sommer net 'n simpel ding. Ek kan nie eers onthou of dit voor of na Voëlvry was nie.  Ek kan dus nie beweer dat ek ooit hoegenaam in enige veskyningsvorm 'n vriend of selfs kennis van Letoit of Kombuis was nie.

Ewenwel, soos ek die storie oor Tjaart gehoor het, was hy in die middel Tagtigerjare werksaam by die destydse KPA en het dit reggekry om vir Flip daar 'n werk te bewerkstellig. Tjaart het saam met sy vrou in die Unieparkomgewing van Stellenbosch gewoon terwyl hy in Kaapstad gewerk het en hy moes elke werksoggend dou voor dag al die pad van sy woonstel na die Stellenboschstasie stap om die trein te haal. Dit was  blykbaar ietwat sieldodend en lewensverterend en het vir my geklink soos  'n nagmerrielewe.

Volgens Kombuis het hy en Tjaart 'n woonstel in Yeoville gedeel en ek weet nie mooi wanneer dit was nie aangesien ek die Tjaart verhaal eers iewers in 1989 gehoor het, maar omdat hy in daardie jaar selfmoord gepleeg het, moes dit dan in die vorige paar jaar gebeur het. Ek neem aan dit sou gewees het lank voor hy by die KPA gewerk het.

Tjaart se tragiese lewe het net so tragies geëindig. Hy is blykbaar 3 keer kort na mekaar vir die besit van dagga gearresteer. Die laaste keer was in 'n padblokkade iewers op die Tuinroete.  Flip het my hiervan vertel en my regsmening daaroor gevra, veral omdat dit die derde arrestasie was en die kanse dus was dat Tjaart nou, as three time loser, tronkstraf sou kry en, as ek reg onthou, was die hoeveelheid dagga van so 'n aard dat die tronkstraf wesenlik sou wees.

Tjaart is waarskynlik op borg uit die tronk ontslaan en is na sy ouers se plaas waar hy homself op iets soos Nuwejaarsdag 1990 in 'n skuur opgehang het. Waarskynlik omdat die vooruitsig op lang tronkstraf te erg was om te hanteer en dood die beste uitkoms.      

Volgens Kombuis was hy op 'n manier aandadig aan Tjaart se dood, ten minste omdat hy niks positief gedoen het om Tjaart in sy uur van krisis te ondersteun nie. Onder andere blameer Kombuis sy eie dwelmverslawing vir hierdie gebrek aan ondersteuning vir iemand wat op daardie stadium nie meer in sy kring beweeg het nie.

Kombuis het egter ook ander stories oor Tjaart wat na bewering klein bedraggies geld van die Voëlvry loketinkomste gesteel het terwyl hy by die loket gewerk het, en dat Tjaart die hoofverdagte was toe die toer se hele wins, blykbaar 'n wesenlike bedrag kontant, verdwyn het. Dit is nog 'n Voëlvrystorie waarna Kombuis skrams verwys sonder om enige besonderhede te verskaf en aangesien die verlies aan die geld die verskil tussen wins en verlies beteken het, sou ek verwag dat Kombui meer aandag daaraan sou bestee. Hy meld nie eens hoeveel geld dit was nie. Weereens kan gebrekkige geheue die die sondebok wees vir die gebrek aan detail, en dis hierdie leemtes wat so irriterend is en my die vraag laat vra wat die punt en nut van die memoir nou eintlik veronderstel is om te wees.

'n Verstommende langtermyn eggo van hierdie ramp, is dat min of meer dieselfde ding Flip oorgekom het in 1998 toe hy en Margaret Follett 'n jazz konsert georganiseer het by Margaret se huis in Muizenberg wat Flip toe by haar gehuur het. Die konsert was 'n groot sukses en iewers in die loop van die aand het die kontantinkomste van die gig, wat in 'n geldtrommeltjie gehou is, spoorloos verdwyn. Net voor dit weggeraak het, het Margaret, en moontlik ook Flip, bereken dat hulle R2000 wins gemaak het. Daar was allerlei agterdog oor een of twee mense as die waarskynlike skuldiges, maar daar was geen klinkklare bewys nie. Niemand was spesifiek verantwoordelik  vir die bewaring van die geld nie. 'n Bittter terugslag vir 'n gebeurtenis wat andersins 'n groot sukses was.

My verbintenis aan die sage van Tjaart eindig nie net met die storie van sy dood nie. Op een of ander manier het Flip se destydse meisie, later eggenoot, Gael Karp, die besitter geword van oorlede Tjaart se plateversamelng en versameling boeke oor rock musiek.  Ek het  eers 'n hele ruk na Tjaart se dood van die boeke gehoor. Gael het in 1993 geweeklaag oor die spasie wat die goed in haar huis opneem en omdat ek self reeds teen daardie tyd al 'n goeie versameling beoek oor rock musiek opgebou het, het ek vir Gael gesê ek sal die boeke en plate neem. Volgens Gael het sy eintlik net 'n paar items oorgehou omdat sy oor 'n tydperk meeste van die boeke weggegee het en nooit bewus was daarvan dat ek sou belangstel nie.

Wat ek wel gekry het, was 'n handjievol boeke en 'n paar plate. Die toestand van die plate het my totaal verstom. Ek het altyd moeite gemaak om my plate en boeke in die beste toestand moontlik te bewaar.  Tjaart se plate was in 'n skokkende toestand. In die eerste plek was die plaatomslae vodde en amper flenters en in die tweede, en mees skokkende, plek, was daar wat gelyk het soos bythappe uit die plate self. Hoe enigiemand so-iets aan sy plateversameling kon laat gebeur, het my verstand te bowe gegaan. Daar was Bowie se David Live en Talking Heqds se Telling Stories en nog een of twee wat ek nie kan onthou nie. Die boeke was 'n versameling goedkoop slapband biografieë van Britse popgroepe uit die Sewentigs, 'n versameling van die joernalis Derek Jewell se artikels, die NME Encyclopedia of Rock, uit die middel-Sewentigs en dan die Rolling Stone Record Guide, ook uit die Sewentigerjare. Laasgenoemde is 'n slapbandpublikasie wat in drie stukke gebreek was en geen omslag gehad het nie. Ek het die plate in  my versameling gehou tot middel 2009 toe ek al my plate weggegee het.  Die boeke het ek nog.

As die toestand van die plate en boeke enigsins getuienis was van die tipe persoon wat Tjaart was, of die omstandighede waarin hy geleef het, moes hy inderdaad 'n troebel siel gewees het. Ek sou hom graag wou ontmoet het omdat hy die enigste ander persoon was waarvan ek ooit kennis geneem het wat blykbaar, net soos ek, soveel in rock musiek belanggestel het dat hy geld spandeer het op die aankoop van boeke oor die onderwerp, hetsy biografies van aard hetsy blote joernalistieke artikels of die ensiklopedieë oor rock kunstenaars.  Ek het van jongs af myself oor die geskiedenis van rockmusiek opgevoed en Tjaart het waarskynlik dieselfde gedoen. Vir beide van ons was dit nie net die musiek nie, maar ook die stories. Dis hoekom ek boeke soos A Short Drive to Freedom koop.


Nog 'n kennis wat ek met Koos Kombuis in gemeen het, is Jaap Yspeert, wat die melodie vir “Losers Universe” op die Blameer Dit Op Apartheid album geskryf het, en boonop ‘n liedjie vir die laat-Negentigs Stellenboscch groep White Trash geskry het.  Jaap is boonop ook 'n vriend van Flip Swiegers en ek het hom by Flip se woonstel in Albert Court, Langstraat ontmoet iewers in die vroeë Negentigs toe Jaap 'n bestaan gemaak het as smous van allerlei handige items soos die rolling ruler en die miracle cutter. Jaap het 'n kunsbeen en het nie goed gelyk nie, plankdun en met lang, vuil, sliertige hare, en hy het vertel hoe hy meisies optel deur vir hulle in die laatnag geleenthede aan te bied wanneer hulle by die Kaapse klubs gestrand was na lang nagte van fuif. Vele jare later het Jaap sy eie motorwerktuigkundigebesigheid bedryf in die indsutriële gebied agter Stellenboschstasie, om die draai van die perseel waar die Springbok Nude Girls hul musiek ingeoefen het, en het steeds allerhande planne gehad om geld te maak, met of sonder Flip se betrokkenheid. Castrolboks kitare was een so 'n plan.

Wat dinge nog meer interessant maak. is dat ek jare nadat ek Jaap ontmoet  het, sy ma ontmoet het aan't huis van my ma. Jaap se ma was een van my ma se goeie vriendinne uit Die Boord. Ek sou raai dis nog een van daardie verhale wat illustreer hoe klein die Stellenbosch/Kaapstad spil is.
As ek reg is, is beide Jaap en sy ma teen 2020 lank reeds oorlede.


Andre Letoit / Koos Kombus was dus vir ‘n lang tyd omring deur randkarakters en uitgewekenes uit algemeen-beskaafde samelewing en dit was die milieu waarin hy tuis gevoel het, waarskynlik omdat hy vir lank nie werklik in homself as waardige mens geglo het nie.

Na aan die einde van A Short Drive to Freedom skryf Koos oor 'n gesprek wat hy met sy vrou gehad het oor die betekenis, indien enige, van Voëlvry en vir hom blyk die werklike betekenis en impak te wees dat hy daardeur beskadig is.  Dus: vergeet van die universele impak op jong Afrikaners en die apartheidregime of enige langtermyn kulturele aarde. Die impak was streng persoonlik en eintlik meer op Kombuis as op die sameleweing as geheel.

Hierdie “insig” is hoogs dramaties en waarskynlik aangedik. Ek kan goed glo dat die drank en dwelm lewensstyl waaraan hy verslaaf was, en die gedurige rondreis, nie goed was vir hom nie, maar dit was die nadeel van die lewe van die rondreisende musikant wat geen veilige hawe het nie en slegs in sy kokon leef met die eenderdenkendes wat die kokon met hom deel. Dit was nie die gewaande stryd teen die establishment of die regering of Broederbond, of wie ook al, wat Koos Kombuis amper vernietig het nie.  Hy het homself amper vernietig deur sy lewenskeuses, in elk geval tot hy 'n verhouding met sy vrou begin het.

Koos en sy Voëlvry makkers het nie werklik jong Afrikaners vir die eerste keer laat rook of dwelms neem nie. Studente het nog altyd dronk geword  en teen 1989 het studente al baie algemeen dagga gerook, miskien meer so in die groter stede as byvoorbeeld Bloemfontein, maar ek verstout my om te beweer dat die Vrystaat nie immuun was nie. Studente het ook nog altyd van luide musiek gehou, en heelwat van hierdie musiek was in elk geval nie deur die dominees of skoolhoofde of selfs die kutluurhoofde goedgekeur nie. Dit was bloot nuut en vreemd dat die ruk en rol in Afrikaans gesing is. Die rebellie was inherent in tiener of student wees; die taal waarin dit gebesig is, het begin verander.

Teen die einde van die boek begin die Voëlvry storie uitrafel omdat Koos Kombuis nie meer veel het om daaroor te sê nie en hy verval in mymeringe oor sy vrou, oor sy huidige lewe, en vertel ons van slegte LSD trips (nugter weet hoekom), meld slegte tye in Amsterdam (maar gee geen besonderhede nie) en 'n paar ure se tronkverblyf in Namibië weens 'n administratiewe defek in sy paspoort. Nugter weet wat enige daarvan met die punt van die boek te doen het, behalwe om bladsye vol te maak.  Daar is so baie eliptiese verwysings dat ek wonder hoekom die skrywer so lui is en hoekom hy so baie dinge skrams meld en dan swyg sonder om ons iets interessants te vertel. As jy nie die storie  kan of wil vertel soos dit was nie,  los dit heeltemal uit. Moenie die ge-ykte metode volg van aptyt wek deur te beweer dat die Amsterdam ervaring so erg en so boos was dat hy nie eers daaraan wil dink nie, wat nog te sê daaroor te skryf nie. Hoekom de hel doen hy dan die moeite om hierdie pielprikkelspeletjie met die leser te speel?

Ek dink nie Wie Is Bernoldus Niemand? was die begin van Afrikaanse rock nie.  As dit nie Anton Goosen se eerste 4 albums was nie, met Liedjieboer en Jors Troelie spesifiek, dan is dit Niemandsland ... en beyond (1988) waar Andre Letoit agtergelaat is en Koos Kombuis na vore getree het. Hierdie album is myns insiens die eerste behoorlike, bevange, Afrikaanse rock album. Goosen was nog te veel met Boerepop behep en Eet Kreef is bloot Kerkorrel se kabaret rock artifak (en nie wat Kombuis  beskryf as “shit hot kick ass rock and R & B” nie) en derhalwe, veral met die persepsie wat nabetragting bring, kunsmatig en gans te gepoleeer. Niemandsland is die ware Jakob.

Ek het in vroeg-1989 omtrent al die Niemandsland toer se optredes in Kaapstad en omgewing bygewoon en het gedink Koos Kombuis, ten spyte van die simpel Rasta pruik en “Afrika” kleredrag (deesdae is cultural appropriatoin doodsonde), was die beste ding wat die Suid-Afrikaanse musiektoneel in 'n lang tyd getref het. Dit was briljant, innoverend en inspirerend.  Kombuis se solo akoestiese optredes by die Voëlvry konserte in die Kaap, was dus vir my 'n wesenlike teleurstelling. Die solo Koos was saai, ongeag die grappies en die feit dat die gehoor hom aan die lippe gehang het. Die solo Koos het geen impak gehad nie, geen woema gehad nie, geen sinnigheid gehad nie.

Dit was deels om daardie rede dat ek nog nooit weer die moeite gedoen het om die man se optredes by te woon nie. Vir my het hy van die radar af verdwyn na Voëlvry en tot en met die nuwe millennium. Dit was eers toe ek met my vrou begin uitgaan het (in 2004) dat ek kennis geneem het van Elke Boemelaar se Droom (1994), Mona Lisa en Blou Kombuis.  Ek het die CD van Niemandsland iewers tussen 2000 en 2004 gekoop, nadat ek begin het met my versameling van Suid-Afrikaanse rock musiek, en nadat ek Karen Zoid se debuutalbum gtekoop het en Piet Botha se Suitcase Vol Winter (1997) by my vriend Braam Botha (geen familieverbintenis) geleen het.  Kort daarna het ek ook begin moeite doen om die nuwe Afrikaanse rock musikante se musiek te bekom, soos Akkedis, Gian Groen, Jan Blohm, en Fokofpolisiekar en hul nasate, en Skallabrak (wt nog die beste weergawe van Kombuis se “Kytie” gedoen het) en Akkedis, en vele meer an die ouer garde, en nou deesdae ook die nuwer siele op die Afrikaanse rocktoneel. En selfs Valiant Swart, vir wie ek nie ooghare as sanger het nie en wat omtrent net 50% suksesvol is met sy liedjies. Dit moet sy good looks en volharding met sy loopbaan wees wat hom sukses gebring het.

Al daai musiek se wortels moet teruggaan na Niemandsland ... en beyond, of altans, dit hoort so. Die musiek van Voëlvry was oor die algemeen nie ekstreem genoeg nie; ek dink nie die musikante het werklik iets nuuts behalwe die taal, na die volk geneem nie; daar was geen verdelging van die ouer garde nie, geen omverwerping van die regime nie. Die klimaatsverandering het plaasgevind omdat die Nasionalistiese regering nie meer die  gat in die damwal kon toehou nie. Die winde van verandering het die nuwe ontwaking van Afrikaanse kultuur veroorsaak en op sy manier het die verval en uitwissing an Broederbondbeheer en kutluurhegemonie oor die land as 'n geheel en die feit dat Afrikaans nie meer spesiale beskerming geniet nie, meer gedoen vir die kultuur en vir Afrikaanse rock musiek as enigiets wat Letoit of Kerkorrel of enige van hul maats ooit kon doen.  Die alternatiewe Afrikaner revolusie was opportunisties en het vordeel getrek uit die verlies van wilskrag deur die politieke en kulturelel establishment.

Is Short Drive To Freedom 'n goeie boek? Is dit insiggewend en vol noodsaaklike inligting?  Was dit die geld werd om te koop en moeite werd om te lees?

Ek besit 'n groot versameling boeke oor rock musiek en Koos se boek sal mooi in daardie versameling inpas, net langs Pat Hopkins se boek, wat ek nog moet klaar lees. Short Drive To Freedom is egter nie die mees bevredigend boek wat ek al gelees het nie, hetsy as biografie, hetsy as historiese geskrif. Deel van my ontevredenheid het te doen met die feit dat ek sommige van die plekke, gebeurtenisse en ervarings geken en meegemaak het en dus op verskeie aspekte met Koos se feite en opinies verskil.  Hy is egter in die gelukkige posisie dat hy die boek gepubliseer het en dus die amptelike weergawe in die openbare oog kon plaas ongeag daarvan of dit 100% akkuraat is en of die opinies waarde het. Hy is die oorlewer en die skrywer. Hy is die lewende gesag.

Na my mening is 'n wesenlike deel van die 256 bladsye eintlik tydmors. Ek stel belang in die binnewerkings van die Voëlvry groep en die vertellinge oor Koos Kombuis se lewe as rock ster in Suid-Afrika, en nie in sy huidige gemaklike lewenswyse met prokureureggenote en kinders, en besoeke aan vriende wat na bewering puik koffie maak nie.  Dit voel werklik vir my dat Kombuis nie genoeg herinneringe aan sy Voëlvryjare oor het om 'n boek te regverdig nie en noodgedwonge die bladsye moes vul met mymeringe en herinneringe oor periferale aangeleenthede, maar dan is daar soveel voorbeelde van stories wat halfpad of elipties vertel word en bloot die nuuskierigheid gaande maak sonder dat daar die bevrediging van 'n afgeronde, voltooide vertelling is. Ek raai dat dit doelbewus so is en nie dat Kombuis lui geraak het en die boek net so gou moontlk wou aframmel nie. Inteendeel, hy verwys 'n paar keer na  hoe meeilik dit was om oor daardie vervloë jare te skryf omdat sommige van die gebeure so erg was dat hy hulle nie meer wou onthou of op skrif wou stel nie. Nou, ek dink nie dat daardie jare so erg kon gewees het nie. As dit wel so erg was, bly dan heeltemal stil daaroor. Maar wat was dit? Koos Kombuis het musiek gemaak, getoer, seks met baie vrouens gehad, te veel gedrink, te veel dwelms geneem, vervreemd gevoel van sy medemens. Wat is so erg hieraan? Dit was sy lewe, ten goede of ten kwade, en hy het dit oorleef en dit agtergelaat. Dit klink of hy nou soort van skaam is vir daardie sogenaamde jare in die wildernnis, terwyl dit die jare is wat die legende help bou het en wat van Koos Kombuis gemaak het wat hy vandag is. Ongelukkig hou hy blykbaar nie van die nuwe jong Afrikaanse musikante soos Jack Parow en Die Antwoord, bloot omdat hulle iets heeltemal anders doen as wat hy doen, en moontlk ook omdat hulle nie deur dieselfde wildernisstruwelinge hoef te gesukkel het nie.

Koos Kombuis klink nou soos een van die soort mense wat destyds hul kinders gewaarsku het teen mense soos Koos Kombuis.  





Dr Feelgood Speeding Thru Europe (2003)


Same 30 years after the original quartet comprising Dr Feelgood (Wilko Johnson, Lee Brilleaux, John B Sparks and The Big Figure) made their mark in die pubs of London, helping to kickstart the pub rock movement  and laying groundwork for the punk revolution of the late Seventies, this version of Dr Feelgood, featuring none of the founding members, nor even John Mayo who replaced Wilko Johnson, released this live album from a gig (or gigs) seemingly recorded somewhere in Germany.

At this point Dr Feelgood is just a brand, owned by the manager of the band, carrying on as commercial prospect with whoever the manager chooses to appoint to the job, although some members have been long tome members anyway.  

This means, insofar as the band performs songs associated with the glory years of the band, i.e. the Johnson / Mayo years, and does them quite well, the impression one gets is that one is listening to a Dr Feelgood tribute band. The defining characteristics of the original band were Wilko’s highly individual, chopping guitar sound and Brilleaux’s gruff growl and if the current guitarist plays in a  tough, bright, metallic style, he doesn’t have the unique sound of Wilko and the vocalist, though energetic and capable, not sounds completely different to Brilleaux but also doesn’t possess the sly, knowing intonation of the latter.

By this time, I suppose Dr Feelgood can only release live albums because no-one in the band can write songs anywhere near as good as those of Wilko Johnson or even the tunes wrote by, and with, John Mayo. Also, the audiences at Dr Feelgood gigs probably only want to hear those classics of yore and aren’t interested in anything new the band might have to offer.

Four of the tracks are written by Johnson (but the band does a “Down by the Jetty Blues” that may be okay as a blues but is a terrible reworking of the original version of the song), one hit (“Down at the Doctor’s”) from the second album with  John Mayo and some other tunes that may be from later line ups of the band or could just be cover versions for all I know, as I stopped following the band after A Case of the Shakes in the early Eighties.  It’s a strange mix and, even if the album is just longer than 60 minutes, it’s probably not intended to be representative of an actual concert but rather a selection of tracks thought to be of interest to Feelgoods fans, if there are still any who’d be willing to buy the albums.

Alongside Cream, Dr Feelgood was one of two bands I discovered in the late Seventies and whose records I played to death at the time. Fortunately, forgetting about the recordings of the Royal Albert Hall shows of 2005 where Eric Clapton no longer sounded like the young, fiery Clapton of the Cream albums from the Sixties, Cream didn’t go through multiple personnel changes and the canon consists of only a few albums. For me, as I’ve mentioned, Dr Feelgood wasn’t worth following after the release of A Case of the Shakes, but the real gold lies in the albums recorded with Wilko Johnson, on which Dr Feelgood’s reputation rests and which have carried it to this day.

Nowadays, Dr Feelgood is ironically no more than a pub rock band with a long history. Wilko Johnson’s songs, and Lee Brilleaux’s stage persons, elevated the band beyond the pub rock circuit. The current line up are competent, without much flair  and rely on the band’s past to keep them going in the future with whatever limited and diminishing returns they can achieve.

There are several live Feelgoods albums and Stupidity (with Wilko), the first one, is probably still the best and only must have for the Feelgoods fan. Speeding Thru Europe is perhaps the album you buy if you attended the gig but it’s far from being a must have. If you have no history with Dr Feelgood, it’s not a  bad record. If you are a fan, it\s disposable. One listen and you need never hear it again. Therefore, why spend money on it?






















































Valiant Swart: Die mistyk Boer



Die Mystic Boer (1997) en Maanhare (2002) is vyf jaar uitmekaar uitgereik en is myle ver van mekaar in konspe en uitvoering, al is dit dieselfde naam op die CD omslag. Op die ouer album word die musiek gemaak deur 'n trio en Valiant speel al die kitare en doen dit nogal goed, en het vet pret met sy country rock aanslag. Op die nuwer album word Swart begelei deur 'n reeks musikante en is in dieselfde rustige luim as 'n Jaar in Die Son, die samewerking met Koos Kombuis.

Mystic Boer ly aan al die probleme wat ek met Valiant Swart het. Hy skryf pseudo-digterlike lirieke in die Engelse Afrikaans wat my grensloos irriteer en hy kan of nie wysies skryf nie of hy kan hulle bloot nie sing nie. Die album se eerste snit is 'n bravuro instrumentele nommertjie wat so goed en so vol fors en vertoon is dat mens bang is dat die eerste indruk vernietig gaan word wanneer Mnr Swart uiteindelik begin sing. Gelukkig bly hy stil en laat slegs sy kitaar die praatwerk doen. Dit is die beste ding van hierdie album, en van die ander uit daardie era: die  kitare raas en donder en is ritmies soepel en oormeesterend en mens kry tog daardie ruk en rol gevoel.

Maar die man kan nie sing nie. Hy is op sy beste met 'n wulpse riff en 'n soort van resitasie van sy woorde; wanneer hy wel ppog sing, kom hy sleg kort. Die Valiant Swart Band, met iemand soos Gerald Clarke sou onkeerbaar gewees het.

Die titelsnit was lang jare die laaste nommertjie van enige verhoogoptrede en het epies en bevange geklink as kitaarfees en as mens  nie kon verstaan wat die man sing nie. Ek moet egter erken dat ek altyd gepla was deur hierdie boer fiksasie, wat later ook in Piet Botha se werk tevoorskyn gekom het, omdat dit my laat dink het aan 'n gewapende Boer wat teen die Khakis baklei en nie juis aan die wingerdboer van die Wes-Kaap nie. Hierdie jingoisme was nie vir my nie. Dit was ou nuus en het geen plek gehad in die Suid-Afrika waarin ek woon nie. Nie in 1984 nie en glad nie in 1994 of 1997 nie.

Nou is dit die laaste liedjie op die album, en daar is steeds ietwat van 'n aanwendsel van geforseerde grootsheid daaraan, maar die epiese kwaliteit word verinneweer deur die simpel woorde.

Liedjies soos “Slangdans”, “In Die Transvaal” en “Weeskind van die Weste” is ou bekendes in ander gewaad as waaraan ek gewoond was. Veral “Weeskind” wat met akoestiese kitaarbegeleiding gedoen word, kllink heelwat varser en sterker as voorheen. Dit is die ding van die musiek. Dit maak die album, dit is hoekom mens luister. Dit is hoekom ek vir so lank al die Valiant Swarrt Band se optredes bygewoon het. Dit was goeie, opruiende ruk en rol en dit was goed om te weet dat hierdie Afrikaanse musiek is en nie Myne en Jan is nie.

Vyf jaar na Mystic Boer het Valiant Swart klaarblyklik besluit dat hy nou ouer, meer volwasse en gevestig is as vermaaklikheidsbekende en dus 'n meer rustige album moet maak wat meer by sy volwasse gehoor, wat nie meer sulke luide musiek kan waardeer nie, sal pas. Altans dis hoe dit klink. Die goeie nuus is dat die nuwe sagte stem en meer rustige benadering Swart se stem beter pas en die karige melodieë meer ondersteuning bied.

Die ondersteunende musikante, soos Simon Orange, Schalk Joubert, Anton L'Amour en Barry van Zyl is van die beste wat Suid-Afrika het en hulle werk wonderlik saam met die ster.   Die aksent is op die groove, wat hoofsaaklik lig en swaaiend is, soos iets tussen jazz, swing en backbeat blues. Iets soos “Diep In Die Bos” waar daar samesspel tussen bottelnek kitaar, Hammond orrel en een van die beste ritmeseksies in Suid-Afrika 'n snit skep wat van die beste is wat Swart al ooit opgeneem het. Gelukkig is dit ook hoofsaaklik sonder sy stem, maar omdat hy nie melodie poog sing nie, werk selfs sy bydrae.

Die ding bly dit: as Valiant eenvoudig bly en nie bo sy vermoëns poog  strewe nie, is hy sonder weerga. “Moeilikheid Met Die Man” is een van my gunsteling Valiant Swart opnames omdat dit so vol lewenslus is, so vol brio is en die gebrek aan singvermoë nie saak maak nie aangesien die liedjie se deuntjie so eenvoudig is dat mens dit na een of twee keer se speel maklik onthou en dit singbaar in die stort is.

Daar is nie juis enigiets op óf Mystic Boer óf Maanhare wat mens bybly nadat jy die albums klaar geluister het nie. Die waardering wat mens het vir die musiek oorleef net in daardie paar minute wat 'n spesfieke snit speel.